Verandering bring lewe

From WagaWiki

Revision as of 11:39, 11 February 2007 by Leergierig (Talk | contribs)
(diff) ← Older revision | Current revision (diff) | Newer revision → (diff)
Jump to: navigation, search

Die natuur is vol verborge geheimenisse, maar 'n goeie paar oë is nodig om dit raak te sien.


Die verandering vanaf 'n effens lelike ruspe na 'n skone skoenlapper laat die mens die Krag van die Skepper bewonder. Het ons al ooit gedink aan die gevare wat 'n skoenlapper moet trotseer gedurende sy lewenssiklus?


'n Pragtige transformasie - Die Lewenssiklus van 'n Skoenlapper


Die lewenssiklus van 'n skoenlapper bestaan uit 4 stadiums: Eier, Larwe (ruspe), Papie, en Skoenlapper.


Skoenlappers begin hul lewens as eiers. Dit neem twee na drie weke vir 'n eier om uit te broei en 'n larwe of ruspe te voorskyn te bring.


Die ruspe verkry voeding deur groot hoeveelhede groen plantmateriaal te vreet. Gedurende die groeitydperk vervel dit verskeie kere. Daarna word 'n kokon gespin en word die ruspe 'n papie. Hierdie fase neem een na twee maande.


Gedurende die kokonfase neem verskeie veranderinge plaas. Die vlerke, pote en res van die skoenlapper word binne die kokon gevorm. Die papie raak toenemend deursigtig. Die ruspe voltooi die ongelooflike transformasie na 'n pragtige skoenlapper binne ongeveer twee weke.


Na die normale tydperk as kokon verstryk het, sal die skoenlapper uit die kokon kruip. Na die skoenlapper heeltemal van die kokon geskei is, sal dit 'n vloeistof van die eindpunt van die abdomen uitskei. Hierdie vloeistof is die afvalstowwe wat dit gedurende die kokonstadium opgegaar het.


Die skoenlapper sprei sy vlerke heeltemal en dwing dan bloed om binne hulle te vloei. Na die vlerke uitgedroog en verhard het, vlieg die skoenlapper weg om 'n maat te kry en die lewenssiklus te verleng.


Die papie is die laaste fase voor die skoenlapper as volwassene voorskyn. Die skoenlapper is 'n baie brose diertjie, veral gedurende die papie stadium, omdat dit dan beperkte beweegruimte het. Aanvalle deur voëls, naaldekokers, spinnekoppe, iguanas, akkedisse, muise en ander diere staar dit in die gesig. Hoe meer skubbe van die vlerke val, hoe korter is 'n skoenlapper se lewensduur. Kindertjies wat speels 'n skoenlapper vang, is dus besig om sy lewensduur te verkort. Omdat die papie nie moontlike roofdiere kan vermy nie, is dit dikwels goed gekamoefleer.


'n Nuwe, pragtige skoenlapper is nou besig om skoonheid in die wêreld te skep. Natuurlik sal dit nog steeds slegte weer, veranderende omgewingstoestande en moontlike roofdiere moet trotseer.


Iets om aan te herkou: 'n Man het 'n skoenlapper gesien sukkel om uit sy kokon te breek. Hy het dit probeer help deur 'n skêr te neem en die kokon oop te sny, om sodanig die skoenlapper te help om vroeër te vlieg. Wie sou kon dink dat die skoenlapper sy vlerke 'n paar keer sou vladder, grond toe sou val en verder sou begin kruip? Aangesien dit nie meer in staat was om te vlieg nie, was dit kort daarna deur 'n voël opgevreet...


Wanneer 'n skoenlapper uit sy papie losbreek, moet dit deur 'n tydperk van donkerte en pyn gaan, niemand kan dit hierdeur help nie, aangesien enige hulp van buite in sy dood sal ontaard.


Op soortgelyke wyse moet ons almal dinge op ons eie ervaar terwyl ons grootword. Dit is nie moontlik om altyd gelukkig te wees nie, en dit is nie noodwendig 'n slegte ding om hartseer te ervaar nie.


Leer Einstein se Relatiwiteitsteorie ons dan nie dat niks in die wêreld absoluut is nie? As daar 'n yin is, moet daar 'n yang wees, as daar onooglikheid is, moet daar skoonheid wees, as daar ingewikkelheid is, moet daar eenvoud wees, as daar pyn is, moet daar geluk wees.


Met dit in gedagte moet ons die lewe se uitdagings as geleenthede sien om onsself op te lei om meer weerbaar, meer nadenkend, meer volwasse en meer selfversekerd te wees.

Personal tools